Kompas: As dit Jaaif en ek wonder: Wie is ek? Ek is wie?

Compass clipart 1 » Clipart Station

Dis ‘n goue vraag.  Ek oordink die vraag baie.  Mens kan natuurlik die maklike antwoord gee…  Ek noem dit die kategese antwoord.  Dit is as jy die antwoord gee, wat eenvoudig is, wat jy weet korrek is en wat mense sal verstaan en eintlik wil hoor. Dis soos die vier punte van ‘n kompas.  Almal ken die vier punte se name. Meeste kan vir jou presies se waar dit is ook.

 So hier is my Sondagskool antwoord

My Noord is dat ek ‘n Christen- boerekind is wat kom uit ‘n gesin van vyf. Ek is die oudste.  My ouers is lief vir my en in grootword het  ek niks tekort gehad nie. Ek het ‘n sussie en ook ‘n boetie.  Ons is ‘n gehegte gesin. Ons is grootgemaak in die konvensionele sin.  Jy soengroet en sê asseblief oom en dankie, tannie.

My Oos is dat ek is deur skool was as ‘n redelike gemiddelde leerder. Daarna het ek gaan swot in Stellenbosch.  Na ‘n paar jaar van partytjie het ek ‘n BA graad en Nagraadsonderwys diploma in my sakkie en gevolg met ‘n Kulinêre diploma.  

Suid in my lewe is dat ek bewus is van my foute.  Ek is ongeduldig, kan baie lelik met mense praat en word maklik geirriteerd. Ek weet waar ek my foute gemaak het. Ek is in dieselfde asem ook lief vir mense.  Ek is ‘n ekstrovert en is regterbrein dominant.

Natuurlik is Wes waarna toe ek oppad is, Wat ek vir myself beplan.  As my son eendag sak,  weet ek hoe ek wil wees. Wat ek eendag wil hê.

Dis die vier eenvoudige punte.  Sien maklik.  Maar wat van die rigtings tussen in. Die “Hoe kom mens daar?” “Hoe verander ek dit?” “Hoe maak ek dit reg?” “Wat nou gemaak?” “Waar dedoner is ek?”  Want die lewe kan lekker jaaif.  

Ek het onlangs, eintlik gister, die woord jaaif ontdek. Die woordeboek verduidelik dit as ‘n werkwoord : om van rigting te verander as die seile omslaan. Nou is ek verlief om die woord. (Ek raak vinnig verlief kom ook vinnig oor dit). Maar die woord is gepas want as die lewe jou seile omslaan soos wat hy dikwels doen, verander mens se rigting. Ek het al so baie van rigting verander, my kompas punte moet meer word. In tussen fok ek nie net Noord nie maar sommer soms Noord Noord Suid of Suid Oos Oos.  En dan is daar nog die rigtings in die middel van die tussen. Maar by die intussen, terwyl seile omslaan en rigtings verander…Probeer ek alles.

.

5 thoughts on “Kompas: As dit Jaaif en ek wonder: Wie is ek? Ek is wie?

  1. Ek hou van hierdie jaaif idee van jou. Seile draai maar baie keer in jou lewe om. Die geheim is om op die boot te bly, waarheen hy ookal vaar. Ek het my rigting ook al lankal verloor, maar is darem nog op die boot!

    Like

Leave a comment