Aanvanglikheid van jou “Elastic hart”

elastic heart - digital drawing - YouTube

Aanvangklik was jy presies dit: ‘n aanvangklikheid

Maar toe

Toe gebeur dit onverwags, soos jy sal sê “te vinnig” en jy wys vir my jou siel, jou donker deurmekaar siel. Die donker wat jy met ‘n elke glimlag  probeer uitvee.

Tog

Tog is dit dié komplekse elasme van jou siel wat my na jou toe trek,  wat jy jou maak.  Jy trek na nog en meer.  Hoe elasties is jy? Dit stuur jou na die breekpunt, en dis juis dit.  Jy sterk jouself verder, langer en besef ek….  Dit gaan skiet. Jy kan nie alles bymekaar hou nie. Die rekkie gaan breek en die hoop gaan val.

En ek?

Ek wil jou bagasie uitsorteer. Ek wil jou gevoelens en seer alfabeties rangskik en die choas vir jou netjies in manilla leërs plaas.

Sodat jy…

Weet waar alles is, sodat jy orde het. Sodat jou siel skoon kom.

Dan weer besef ek…

Ek sal my doodwerk, jou elasme is te groot en strek te ver. Ek sal myself keer op keer in ‘n doolhof vind saam met al die ander. Want jy expand te ver, jy rek te wyd uit en almal raak verlore in die verte.

Toe besluit ek

Ek gaan jou net lief hê, sonder of’s maar’s, net as , jy moet’s… net so liefhê met ‘n punt.  Dit is waarin ek goed is.  Organisering en manilla leërs was nog nooit my ding nie… maar onvoorwaardelike liefde is. So ek is daar…. lief hê met ‘n punt en nie met ‘n elastiese ellips nie

Leave a comment